Award winner Rina Wiid recognised in moving ceremony

 

The 2017 Simon van der Stel Certificate of Merit award winner, Rina Wiid, was recently honoured at a ceremony held at Doornbult farm outside Hopetown. The award is one of three presented annually by the Heritage Association of South Africa (HASA).

 Rina and her husband, Lemmer, purchased Doornbult farm in 1994 – not knowing that they had acquired arguably the best-preserved and intact archaeological terrain relating to the South African War.

The site is that of a now-demolished British concentration camp for Boer women and children and a graveyard. Many relics, like condensed milk tins and buttons, strewn across the veld provide clear evidence of the existence of the camp, while the mounds of numerous graves speak of lives lived and ended there.   

Since 1994, Rina has widely researched and published on the history and archaeology of the site and, together with Lemmer, has taken great care to preserve and promote this rich heritage.   

Thanks to Rina, there remains, for future generations to see and experience, a well-preserved historical archaeological site which, because of its untouched authenticity, provides an extremely powerful historical experience. Now fairly elderly, Rina still conducts guided tours of the extensive camp and administrative areas.

Speaking at the award ceremony, Dr Judy Maguire expressed HASA’s wish – and support – for the declaration of Doornbult as a National Heritage Site. She called on all parties to work towards this goal.

 

Wiid vereer nadat sy kamp ontdek

Rin a Wiid (78), navorser en mede-ontdekker van die Doornbult konsentrasiekamp tussen Hopetown en Orania, is Saterdag vir haar buitengewone bydrae tot erfenisbewaring vereer.

’n Oproep is ook gedoen dat die terrein tot’ n nasionale gedenkwaardigheid verklaar word.

Wiid, wat die konsentrasiekamp meer as 20 jaar gelede saam met haar man, Lemmer (80), op hul plaas Doornbult ontdek het, het die Simon van der Stel-meriete sertifikaat van die Erfenisstigting van Suid-Afrika ontvang.

Die kamp is in April 1901 tydens die Anglo-Boereoorlog naby die Oranjerivier-treinstasie opgerig nadat vroue, kinders en bejaardes deur die Britse owerhede van hul plase na die konsentrasiekamp geneem is.

Die stigting het Wiid vir haar vrywillige en onbaatsugtige navorsing op die geskiedkundige en argeologiese terrein en die bewaring daarvan vereer.

Haar werk skep ’n betekenisvolle ondervinding aan besoekers.

Daarbenewens het sy etlike boeke gepubliseer, ’n museum met artefakte van die terrein, asook ’n museum met inheemse geskiedenis, opgerig. Sy hou ook die begraafplaas in stand.

Dr. Judy Macguire, ’n lid van die stigting, het gesê sy kon destyds nie glo dat daar nog so ’n goed bewaarde erfenis terrein bestaan toe sy’ n foto van kondensmelk blikkies wa tas stewel skrapers vir Britse troepe gedien het, onder oë gehad het nie.

“Sedertdien is ek een van Rina se grootste aanhangers. Sy is uiters geesdriftig en haar uithouvermoë is sonder gelyke.”

Macguire sê die terrein is van nasionale en internasionale belang, vanweë die Britte se betrokkenheid in die Anglo-Boereoorlog.

“Die belangrikste boodskap van die toekenning is dat Rina se baanbrekerswerk op ’n volhoubare wyse voortleef.

“Ons sal enige poging om die terrein tot’ n nasionale gedenkwaardigheid te verklaar met graagte ondersteun. Belangstellendes sal onder meer ’n motivering, terreinplan en inventaris by Sahra (die Suid-Afrikaanse Erfenis hulpbron agentskap) moet indien om die proses te begin.”

As die terrein as ’n nasionale gedenkwaardigheid verklaar word, kan dit verhoogde wetlike beskerming geniet.

Die staat sal ook ’n geldelike bydrae tot die instandhoudingswerk kan lewer.

Wiid se seun en skoondogter, Rian en Antuonette, en dogter, Narinda Wiid, het die geleentheid saam met haar gevier. Wiid se man kon weens swak gesondheid nie die geleentheid bywoon nie.

Wiid het gesê die belangrikste vir haar is dat mense nooit moet vergeet wat op die terrein gebeur het nie. “Ek het ontdek dat hier meer as 600 sterftes was, wat baie meer is as die 210 sterftes wat die Britte destyds opgeteken het. Hier is nog baie werk om te doen.”

’n Kruis is opgerig, waarna kranse vir die gestorwenes gelê is.

Comments are closed.